Local newsNewsSchool sportSport

Vossie atlete is Limpopo kampioene

ELF atlete van die Hoërskool Ben Vorster het op Maart aan die Limpopo atletiekbyeenkoms te Peter Mokaba Stadion in Polokwane deelgeneem. Die Vossie atlete het puik presteer met 4 goue, 5 silwer- en 3 bronsmedaljes. Twee rekords is verbeter.

Die Vossie atlete het puik presteer met 4 goue, 5 silwer- en 3 bronsmedaljes.

Twee rekords is verbeter.

Die uitslae was soos volg:

Meisies: Joan Nel D 0/15 spiesgooi: 3de – bronsmedalje. Diketso Manyama D 0/17 hoogspring: 1ste goue medalje en verspring: 4de plek. Lara Schutte D 0/17 400m: 2de silwermedalje; 800m: 3de bronsmedalje.

Carmen Botha D 0/19 400mH : 1ste – goue medalje; 100mH: 2de – silwermedalje; hoogspring: 2de – silwermedalje.

Seuns: Jaco De La Rey S 0/15 spiesgooi: 4de plek. Marthinus Grobler S 0/15: 100mH: 4de plek. Emile Kruger S 0/15 spiesgooi: 1ste, goue medalje, nuwe rekord. Lehlongonolo Molepo S 0/15 diskus: 2de – silwermedalje. Niaan Taljaard S 0/15 diskus: 2de silwermedalje; gewigstoot: 1ste, goue medalje, nuwe rekord.

Laborious Bopape S 0/17 diskus: 5de plek. Thato Mashokoa S 0/19 driesprong: 4de plek.

Die finale uitslag om te bepaal wie van dié atlete kwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskap 2015, is teen druktyd nog nie ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button