Jaco, Wilmari ry uitstekend

'n Plaaslike broer en suster, Jaco en Wilmari Möller, het op 21 Februarie uitstekend presteer tydens die eerste ronde van die SA Nasionale Veldren reeks op Rysmierbult.

Daar word eers tydtoetse oor 60km afgelê om te bepaal in watter plek ‘n deelnemer gaan wegspring.

Wanneer dit voltooi is, strek die veldren oor 340km se harde ry met die quads.

Jaco het in die eerste tydtoets vierde algeheel gekom en het in die vierdeplek weggespring.

Na 340km, ‘n pap band en geen agter remme nie, het hy steeds derdeplek algeheel verower in die Q1.

Sy suster, Wilmari, het ‘n tweedeplek in haar klas en 22ste algeheel tydens tydtoets behaal.

Na 340km is sy algeheel tweede in die vroue oop klas, 12de algeheel en slags 50sekondes na die wenner. Dié veldren word Vrydag tydens Kings of Dirt op Supersport kanaal 208 uitgesaai.

Die volgende veldren vind op 21 Maart in Swaziland plaas.

Hulle bedank graag hulle borge, nl: JB Spares, DS Brake & Clutch, Trio Motors, Engelbrecht Ingenieurswerke, MERC Works, Stark Enterprise, Tint Wizard, Letaba Locksmith, Bekmar, Merric Service Centre.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version