Editor's choiceLocal newsNews

Malaria hier die ergste ooit

'n Bejaarde vrou en 'n gr8-leerder van Hoërskool Ben Vorster is in die intensiewe sorgeenheid van MediClinic opgeneem nadat malaria by hulle gediagnoseer is.

Jakkie Jacobs, oud wiskunde onderwyser van Hoërskool Merensky en sy vrou, Judith is beide met malaria gediagnoseer.

Jakkie was in die intensiewe sorgeenheid maar na wat verneem word is hy intussen oorgeplaas  na ‘n gewone saal.

Judith is glo nogsteeds in die intensiewe sorgeenheid, en gaan dit skynbaar baie sleg met haar.

‘Sy is in ‘n erge kondisie,’ het ‘n bron aan Letaba Herald gesê.

Na wat verneem word was die egpaar glad nie buite Tzaneen se grense toe hulle  malaria opgedoen het nie.

In nog ‘n voorval is ‘n gr8-leerder van Ben Vorster ook opgeneem in die intensiewe sorgeenheid van MediClinic.

Sy het glo nog baie hoë koors maar daar is al  ‘n verbetering.

Volgens betroubare bronne is daar sedert Februarie meer as 1 000 malaria gevalle aangemeld, Gyiani ingesluit.

Meer inligting oor die oorsaak, simptome en behandeling volg later.

Related Articles

Back to top button