Juanita skiet nuwe musiekvideo in Tzaneen

Die bekende Juanita du Plessis het die afgelope ruk haar splinternuwe musiekvideo in Tzaneen en omliggende dele geskiet.

Juanita en haar span van 20 het tuisgegaan by die lieflike Letaba River Lodge net buitekant Tzaneen.

Hulle het tyd gekry om veral met die klein roofdiere soos leeus, hiena’s en tiere te speel en te vertroetel. “Die diertjies het my hart aangegryp en dit vir my so onwerklik gevoel om sulke noue kontak te hê met diere wat mens oor die algemeen vrees. Hulle is bitter oulik en baie liefdevol”, vertel Juanita.

“Tzaneen is bekend vir die skoonheid van die omgewing en ons het dit goedgedink om hier te kom skiet, want dit pas ons storielyn soos ‘n handskoen en die mense van Tzaneen het dadelik ingespring en gehelp”, ‘n reuse pluimpie vir Tzaneen meen die vervaardiger, Ruan du Plessis. “Ons sal beslis graag weer wil kom kuier!”

Juanita het twee dae geskiet aan die musiekvideo en die span van BlueSlipStream Productions het gebruik gemaak van plekke soos Cheerio Gardens, Debegeni Waterval en Wegraakbosch Kaasplaas. Daar is ook ‘n spesiale verskyning deur een van die leerlinge van Hoërskool Merensky, Nane van Wyngaardt, gemaak as die prinses in die video.

Die video sal teen die begin van April op die televisiekanale soos Kyknet te sien wees.

Daar is 10 van Juanita se nuwe albums wat aan Andre de Lange gegee is wat uitgeloof sal word aan lesers van Letaba Herald. Meer inligting sal later gepubliseer word.

“Ons het regtig ‘n lekker tyd gehad en wil almal wat betrokke was bedank vir hulle hulp en dat niks te veel moeite was nie. Ek kan nie wag om die video met almal te deel nie. Vir nou wil ons nie te veel weggee van wat in die video gebeur nie, maar dit gaan spesiaal wees. Mense moet maar dophou.”

Juanita se album “Toe staan die wêreld stil” sal teen einde April beskikbaar wees in winkels.

Juanita Records wil ook graag die volgende partye bedank:

Letaba River Lodge: Andre de Lange vir die verblyf en kos op stel.

Sunbake Tzaneen: Danie de Bruin vir al sy hulp op stel

Lukas Groenewald van Tzaneen Sakekamer vir die hulp met permitte om op plekke in die omgewing te verfilm.

Botha Wil Stalle: Banie Smith vir die pragtige perde wat hy besorg het. Die perde was baie gemaklik om mee te werk.

Chris de Beer: Komatiland Forest (Debegeni).

Simpson Motors Tzaneen: Eddie Simpson vir die motor wat gebruik is in die video.

Cheerio Gardens: Sarah-Leigh Hillary vir hulle pragtige plek waar ons kon verfilm.

Wegraakbosch Cheese Farm: Nipper & Sylvia.

Nane van Wyngaardt van Hoërskool Merensky vir die rol van die prinses wat sy vertolk het teenoor Mario du Plessis as die prins.

Exit mobile version