Bedelaars dalk nie wat hulle voorgee

'n Inwoner van Tzaneen maan ander om verstigtig te wees vir bedelaars wat dalk nie is wat hul voorgee om te wees nie.

‘n Inwoner van Tzaneen maan ander om verstigtig te wees vir bedelaars wat dalk nie is wat hul voorgee om te wees nie.

Deon Prinsloo het Donderdagaand by ‘n bekende kitskos restaurant aangegaan toe hy deur ‘n goed-geklede man genader is. “Hy het by my kom bedel vir kos, nie geld nie,” sê Prinsloo.

Volgens Prinsloo het die man honger gelyk en Prinsloo het vir hom ‘n ete gekoop.

Daarna het die man in ‘n wit Mahindra bakkie geklim en ‘n rukkie saam met die drywer in die voertuig gesit en rook voordat hulle gery het.

Prinsloo het onraad vermoed en is agterna.

Hy het die voertuig gevolg tot by die Georges Valleypad, waarna hy terug gedraai het.

Hy weet nie of dit dalk ‘n set is waar mense onder valse voorwendsels probeer kos kry nie, maar maan inwoners om op die uitkyk te wees vir sulke mense. “Dit gaan nie vir my oor die geld nie. “Ek is ‘n persoon wat maklik iemand anders help maar so ‘n voorval sal maak dat ek my verhard en volgende keer iemand wat dit dalk regtig nodig het, nie help nie,” sê hy.

Exit mobile version