Eiland skenk aan God’s Haven

Daar word 16 bejaardes by God's Haven gehuisves, almal van verskillende taal en etniese groepe.

Daar word 16 bejaardes by God’s Haven gehuisves, almal van verskillende taal en etniese groepe.

Van die bejaardes het ongelukkig nie genoeg fondse vir die maandelikse vereiste losiesgeld nie.

Daarom is hulle baie dankbaar vir skenkings soos die van die ATKV- Eiland en donateurs wat dit moontlik maak om die bejaardes te huisves.

Daar is nog beddens beskikbaar by God’s Haven.

Vir verdere inligting oor verblyf kan belangstellendes God’s Haven se kantoor skakel by 015 307 6979.

Die publiek word ook uitgenooi om die bejaardes by die tehuis te besoek.

Die inwoners en bestuur bedank die gemeenskap vir die maandelikse geskenke en donasies, dit maak die versorging van die bejaardes moontlik.

Exit mobile version