Parkie in Tzaneen vol gemors

Die eens pragtige parkie op die hoek van Claude Wheatleystraat en Sapekoerylaan is met gemors bestrooi en verwaarloos.

Dit lyk nie of daar iemand is om dit skoon te maak of wat daaroor bekommerd is nie.

Volgens ‘n betroubare bron is daar net ses skoonmakers vir die Tzaneen area en geen kontrakteurs is al aangestel nie.

Skynbaar is die munisipaliteit besig met evaluasies van nuwe kontrakteurs, maar dit is nie bekend wanneer die evaluasie afgehandel sal wees en Tzaneen se parke beter sal lyk nie.

Tzaneen was altyd bekend vir die skoonste dorp, maar hierdie park teen ‘n ingangsroete van die dorp, bewys beslis die teendeel.

Neville Ndlala, woordvoerder vir die munisipaliteit kon teen druktyd nie bereik word vir kommentaar nie ten spyte van menigte oproepe en boodskappe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version