Local newsLocal sportNewsSport

Letaba durf Noordelikes, Bosveld aan

Letaba het inderhaas wedstryde gereël vir Vrydagaand. Letaba 1, 2 en 3 speel teen twee spanne van Noordelikes en Bosveld se 1ste span.

Letaba Rugbyklub sou Saterdag teen Potchefstroom rugby speel maar die manne van Potch het nie kans gesien vir die lang pad Letaba toe nie.

Letaba het inderhaas wedstryde gereël vir Vrydagaand. Letaba 1, 2 en 3 speel teen twee spanne van Noordelikes en Bosveld se 1ste span.

Goeie nuus is dat die manne van Duiwelskloof weer die rugbystewels nader getrek het en hulle speel vanjaar onder die vaandel van Letaba 3. Klubrugby is besig om ‘n stadige dood in die platteland te sterf en om rugby te red maak die manne allerhande planne.

Om die rede het Letaba en Duiwelskloof vanjaar kragte gekombineer om 3 spanne in die veld te stoot.

Die wedstryde skop om 18:00 af en die publiek word vriendelik uitgenooi om die wedstryde by te woon.

Related Articles

Back to top button