Local newsNews

Graad eentjies kry hupstoot vir hul skoolloopbaan

Solidariteit Helpende Hand het aan 40 graad eentjies uit Tzaneen en Modjadjiskloof splinternuwe skooltassies, én ? hupstoot om hul drome te bewaarheid, gegee.

Solidariteit Helpende Hand het aan 40 graad eentjies uit Tzaneen en Modjadjiskloof splinternuwe skooltassies én ‘n hupstoot om hul drome te bewaarheid, gegee.

Skooltassies propvol skryfbehoeftes is deur die Helpende Hand Tzaneen-tak aan behoeftige graad eens van Laerskool Tzaneen en Laerskool Duiwelskloof uitgedeel. Sodoende het hierdie leerders ook die kans gekry om hul skoolloopbaan op ‘n gelyke voet met hul klasmaats te begin.

“By Helpende Hand weet ons dat ‘n tassie vir hierdie kinders nie bloot net skoolgereedskap is nie. Dit is die eerste stap om hulle toe te rus om hul drome te bewaarheid,” sê Elna Gouws, die takvoorsitter. “Hierdie tassies skep vir die kinders hoop en dit is juis wat hulle nodig het om hul skoolloopbaan met ywer en entoesiasme aan te durf.”

Helpende Hand se nasionale Skooltassieprojek het vanjaar 4 750 tassies landswyd versprei. Die projek het vanjaar ook die mylpaal bereik van 25 850 tassies wat al sedert die projek se ontstaan in 2007 aan behoeftige graad eens uitgedeel is.

Persone wat graag by Helpende Hand se Tzaneen-tak betrokke wil raak, kan ‘n e-pos stuur aan marianthie@helpendehand.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button