Beurtkrag is hier om te bly

Die berugte beurtkrag is weer met ons en dié keer lyk dit of dit gekom het om 'n lang ruk te bly.

Boonop is dit nou ‘n halfuur langer. Genadiglik in die stadium slegs een of twee keer per week.

Dit lyk of dit onafwendbaar is dat die belastingbetaler, afgesien van hoë elektrisiteitsrekeninge, ook nou die hand dieper in die sak sal moet steek vir sonpanele, batterye, kragopwekkers, ens.

Dis goed en wel om onafhanklik van elektrisiteit te raak, maar kan die gewone man op straat dit bekostig?

Een voordeel daarvan is egter dat irritasie om die kragstasie in die hande te kry na ‘n groot storm, (soos gedurende die naweek,) nie meer ‘n probleem sal wees en mens nie sowat 12 ure sonder krag (en in baie gevalle water,) hoef te sit nie!

By dit alles kan ons ook iets positiefs in die hele situasie sien.

Dit gee mens meer tyd om saam met jou gesin en in die buitelug deur te bring, soos die briefskrywer tereg hiernaas sê.

Saterdag is dit weer Valentynsdag, die dag van die Groot Liefde, en ten spyte van die feit dat dit deesdae so gekommersialiseerd is, kan mens deur middel van eenvoudige dingetjies tog iets vir daardie spesiale persoon in jou lewe beteken.

Geniet dit.

Exit mobile version