Plaaslike atlete durf die Ysterman aan

Heelwat plaaslike atlete het op 25 Januarie aan die 70.3 Ysterman kompetisie wat in Oos- Londen plaasgevind het, deelgeneem.

Heelwat plaaslike atlete het op 25 Januarie aan die 70.3 Ysterman kompetisie wat in Oos- Londen plaasgevind het, deelgeneem.

Die driekamp behels 1.9km swem, 90.1km fietsry en 21.1km hardloop. Die rowwe see en sterk wind tydens die fietsry en hardloop het die driekamp nie maklik gemaak nie.

Daar was 2 243 individuele deelnemers, en 68 spanne wat deelgeneem het.

Monica Roode was derde in haar ouderdomsgroep en het gekwalifiseer om aan Wêreld Kampioenskap te gaan deelneem. Janine en Jan Louis Pretoruis, Shirley Scriven , Nikolaas Gubitz en Stephany Baker het ook deelgeneem terwyl die Mad Moms team, nl Grizel Gubitz, Anneri Vorster en Linda de Nysschen as ‘n span deelgeneem het en die eerste vroue span was wat die driekamp voltooi het.

Exit mobile version