NewsSchools

Skiewies wys talent

NA slegs drie dae van repeteer, het Plasieland se skiewies op 22 Januarie hul talent op die planke ten toon gestel tydens die jaarlikse groentjiekonsert, "The yellow brick road."

NA slegs drie dae van repeteer, het Plasieland se skiewies op 22 Januarie hul talent op die planke ten toon gestel tydens die jaarlikse groentjiekonsert, “The yellow brick road.”

Phineas en Faan is op soek na avontuur en onderneem die reis van hul lewens. Hul word aangemoedig deur die spookstem van Frikkie Deysel om die ”yellow brick road’ te volg. Die bose Cheshire Cat probeer egter die reis saboteur. Op pad ontmoet hul ses karaktervolle lego-blokkies, wat deel vorm van allerlei opwindende gebeure. Aan die einde wag daar ‘n heerlike verrassing.

Daar was letterlik nie plek vir ‘n muis in die stampvol skoolsaal nie. Alle vorige bywoningsrekords is oortref met ‘n toeskouergetal van 800 plus -‘n bewys dat die ouerkorps bankvas agter die nuwe Plasies staan. Aan die einde van die geleentheid het elke skiewie ‘n sertifikaat van die hoof, Magnus Steyn ontvang.

Hul het ook die tradisie voortgesit deur die beesklok te lui, wat eers weer in 2019 sal gebeur wanneer hul matrikuleer.

Spesiale vermelding moet gemaak word van die 2014/2015 uitvoerende komitee-lede, onder wie se leiding die konsert plaasgevind het. Die dekorspan het gedurende die Desember-vakansie kliphard gewerk om vir “aha! ” oomblikke op die verhoog te sorg. Die matriek choreograwe het selfs die graad 8’s met twee linkervoete laat bewys dat hulle kan dans! Keurige kostuums en grimering met heerlike musiek het oud en jonk laat saamstem – 2015 se skiewies kook!

Related Articles

Back to top button