NewsSchools

Speel tennis, Dennis

JY wil beslis nie van jou kind net 'n akademiese wrak maak nie – en wat is nou beter vir 'n gesonde balans in jou kind se lewe as 'n paar sorgvuldig uitgesoekte naskoolse bedrywighede?

JY wil beslis nie van jou kind net ‘n akademiese wrak maak nie – en wat is nou beter vir ‘n gesonde balans in jou kind se lewe as ‘n paar sorgvuldig uitgesoekte naskoolse bedrywighede?

Chantal Saaiman se tennisafrigting by Laerskool Tzaneen is dalk net een van die regte keuses.

Terwyl spansportsoorte soos netbal en rugby immergewild bly, is daar ook talle individuele aktiwiteite waaruit jou kind kan kies, sommiges meer tradisioneel as ander.

Jou kind sal waarskynlik uit pure nuuskierigheid aan alles wil deelneem. Dan moet jy maar hokaai roep en help kies.

Tennis oefen al jou kind se groot spiergroepe.

Sy beenspiere kry oefening terwyl hy van punt A na punt B hardloop, en sy skouergordel en handgreepkrag word geoefen terwyl hy die raket beheer en die bal slaan.

Dit oefen ratsheid en reaksiespoed omdat jou kind vinnig van rigting moet kan verander sonder om sy balans te verloor.

Sy/haar algehele koördinasie kry ook ‘n hupstoot omdat die hele lyf moet saamwerk om ‘n hou te slaan.

Hand-oog-koördinasie word ontwikkel en jou kind se perifere visie – die vermoë om voor hom te kyk maar ook buite sy gesigsveld waar te neem – kry ook goeie oefening.

Dit sal hulle later help in enige sport waaraan hulle deelneem.

Jou kind leer daarby konsentreer en sy selfbeeld kan floreer namate sy vaardighede verbeter.

Nommerpas vir: Ywerige, perfeksionistiese kinders.

Pluspunt: Dis ‘n lekker sosiale sport wat julle as gesin saam kan beoefen.

Wenk: As jy ‘n raket wil aanskaf, gesels eers met jou kind se tennisafrigter.

Die regte raket sal ‘n korter steel hê as ‘n gewone raket, gemaklik in jou kind se hand pas en nie te swaar wees nie.

Skakel Chantal Saaiman vir tennisafrigting by Laerskool Tzaneen.

Almal is welkom en enige ouderdom van so jonk as 4 jaar oud kan afrigting by haar kry.

Skakel haar gerus op 083 365 2277.

Related Articles

Back to top button