Local newsNews

Van der Rheede praat by sakekamer

DIE EERSTE maandelikse etevergadering van die Tzaneense Sakekamer vind Vrydag by Hotel@Tzaneen plaas en die fokus gaan wees op toerisme met die president van die Afrikaanse Handels Instituut (AHI,) Christo van der Rheede wat die vergadering gaan toespreek.

Die etevergadering, wat deur WMC en die Blue-Dot Groep geborg word, begin om 12:00.Maar voor die ete word daar ‘n verdere beplanningsvergadering gehou rondom ‘n toerisme-kongres wat in April in Tzaneen aangebied word. Die kongres se tema is die roete uit Gauteng via Limpopo na die Krugerwildtuin en Mosambiek. Die Tzaneense Sakekamer, saam met die AHI wat ook hoofborg sal wees, gaan die kongres fasiliteer terwyl die Munisipaliteit, Tzaneen Toerisme, GTEDA en die Krugerwildtuin reeds aangedui het dat hulle betrokke sal wees. Diè vergadering begin om 10:30 by Hotel@Tzaneen waarna die Sakekamer se ete om 12:00 ‘n aanvang sal neem. Van der Rheede gaan in sy aanbieding nie net praat oor die komende toerisme-kongres nie, maar ook belangrike verwikkelings binne die AHI met lede bespreek.

Alle rolspelers word na die toerisme-vergadering genooi terwyl lede en nie-lede van die Sakekamer na die ete genooi word. Koste is R100 per persoon. Vir besprekings kan Solet op 083 280 9723 geskakel word.

Related Articles

Back to top button