Voortrekkers ‘n groot voordeel

Lede van die Letaba Voortrekkers is trotse, self-standige en gedissiplineerde jongmense met 'n baie sterk ge-voel van geborgenheid.

Lede van die Letaba Voortrekkers is trotse, self-standige en gedissiplineerde jongmense met ‘n baie sterk ge-voel van geborgenheid.

Dit is belangrike areas van ontwikkeling vir kinders en die Voortrekkers vestig dit met liefde en deernis. Hulle boustene is Afrikanerskap, Burgerskap en Christenskap, wat beteken hulle byeenkomste in Afrikaans is, hulle leer om ons land en sy geskiedenis te waardeer op ‘n Christelike manier. Die groep is nie aan ‘n politieke party of kerk nie gekoppel nie.

Die Voortrekkers leer speel-speel waardevolle vaardighede soos waterveiligheid, spoorsny, plantekennis, kookkuns, nood- hulp en nog vele meer. Wanneer hulle groter word, leer hulle om sterk leiers met integriteit te wees, iets wat die land baie goed kan gebruik. Hulle kamp gereeld saam waartydens elke ouderdomsgroep ‘n spesifieke vaardigheid aanleer, en ter selfde tyd leer om selfstandig en verantwoordelik te wees. Die Voortrekker-jeug geniet hulle gate uit terwyl hulle leer en geborge voel in ‘n veilige omgewing. Ouers is ook altyd welkom om byeenkomste by te woon en meer betrokke te raak.

Kinders kan lede word vanaf 6 jarige ouderdom. Byeenkomste begin op 21 Januarie om 17:15 by die Wolkberg NG Kerk en elke Woensdag daarna, dieselfde tyd. Ledegelde beloop R550 per jaar. Vir navrae skakel Udette Kruger op 083 338-7868. Die offisiere is vrywilligers en lewer die diens om kinders die waardes van die lewe te leer, omdat hulle glo in die doel van ons Voortrekkers en sterk Afrikaner kinders. Gaan lees gerus meer by www.houkoers.co.za

Exit mobile version