Klub kampioenskap die naweek

Orangedene gholfklub bied die naweek hulle klub kampioenskap aan

LEDE van die Orangedene gholfklub moet let op die volgende:

Eerskomende Sondag, 18 Januarie bied Orangedene sy klub kampioenskap aan.

Dit is baie belangrik dat lede sal deel neem want die klub wil weer deelneem aan liga en Sanlam kompetisies vanjaar.

Daar is ook ‘n kompetiesie vir nie lede.

Neem ‘n potensieële nuwe lid saam.

Die jaarlikse aansluitings fooi beloop R1 300.

Daar word vir volgende maand weer eens ‘n baie groot kompetisie beplan en slegs lede kom in aanmerking vir die eersteprys.

Die klub staan tans op op 72 lede vanaf Julie verlede jaar.

‘Ek is baie dankbaar,’ sê Jan Brits, klubvoorsitter.

Hy wil graag almal uitnooi om te gaan deel neem.

Kostes beloop R180 per speler en dit sluit jou halweg in.

Aangesien dit ‘n klub kompetisie is moet dit oor twee dae gespeel word.

Spelers kan of al 36 gaatjies Sondag speel, of die ander 18 volgende Sondag op 25 Januarie.

Die kostes vir die tweede Sondag beloop slegs R70.

Orangedene is terug op die kaart, gaan kyk na die baan en besluit self.

Skakel Jan voor Vrydag vir indeling by 084 620 3835.

Onthou hulle is nou gereed om gholfdae aan te bied.

Daar is reeds vyf gholfkarretjies en die volgende twee is op pad.

Brits verseker al die gholfgeesdriftiges dat Orangedene se bier steeds die koudste is.

Exit mobile version