Editor's noteLocal newsNews

Ons is trots op ons leerders

Die afgelope twee weke is almal se aandag op die uitslae van verlede jaar se graad 12's.

Die gemeenskap se trots – nie net die leerders met hulle vele onderskeidings nie, maar ook die goeie slaagsyfer en verskeie akademiese instellings wat vir geen ander skool in die land hoef terug te staan nie.

Gister was dit weer terug hok toe vir die leerders.

‘n Nuwe groep graad 12’s met hoop en aspirasies.

Dan is daar ook die klein Einsteins wat hulle skoolloopbaan so pas begin het. ‘n Hele nuwe ervaring by die ‘groot skool’ en 12 jaar van swoeg en sweet lĂȘ voor!

Ons gemeenskap se jeug is een van ons belangrikste bates.

Dit is ons taak om hulle te ondersteun, na hulle om te sien en te sorg dat hulle op die regte koers bly sodat hulle volwaardige volwassenes met verantwoordelikheid en lewensblyheid kan word. Volwassenes uit eie reg met respek vir hulle self en hulle medemens.

Related Articles

Back to top button