CrimeEditor's choiceNews

Horst Dombrock nie beroof in die Fillipyne nie

Horst Dombrock, bekende inwoner en spysenier sit nie gestrand in die Fillipyne, nadat hy en sy gesin glo 'beroof' is nie.

Dit is Maandag van alle waarheid ontbloot, nadat LETABA HERALD hom geskakel het en ingelig het dat daar ‘n bedrog-epos uitgestuur is in sy naam en van.

Luidens die epos, sit hy en sy familie in die Fillipyne gestrand.

Die epos begin met: ‘This message is coming to you with great depression due to my state of discomfort…’

Na ‘n kort vakansie is hy en sy gesin ‘beroof’ in die park langs die hotel waar hulle tuisgaan.

Hulle is beroof van al hulle kontant, kredietkaarte en selfone.

‘Gelukkig is ons lewens gespaar en het hulle nie die paspoorte gesteel nie,’ lui ‘Horst’ se epos.

‘Hy’ vertel verder dat hulle alreeds by die ambassade was en dat hulle saam met die polisie help waar hulle kan.

‘Hulle’ vlug sou egter Maandag vertrek het en die ‘hotel bestuurder’ weier dat hulle die hotel verlaat alvorens hulle nie die uitstaande rekening van $1 800 Amerikaanse dollar betaal nie. Hy vra ‘n kort lening en sal dan dit terug betaal sodra hulle veilig terug is in Suid-Afrika.

Dis ‘n bedrogspul en inwoners word gevra om nie op die epos te reageer nie.

Die epos adres van waar af dit gestuur word is, horstdombrock@mac.com

Op ‘n ligter noot, Horst, ons is bly dat jy nie ‘In great depression’ verkeer weens jou ‘State of discomfort,’ in die Fillipyne nie.

Related Articles

Back to top button