Editor's choiceLocal newsNews

Kinders sterf in vliegongeluk

'n Boetie en Sussie is Donderdag in 'n vliegongeluk oorlede.

Die twee persone wat Donderdagoggend dood is toe ʼn mikrovliegtuig op ʼn plaas buite Hoedspruit neergestort het,  is glo ʼn boetie en sussie wat in die omgewing op ʼn landgoed woon.

Mitch Sargant, is oorlede in die ongeluk. Foto: Facebook
Mitch Sargant, is oorlede in die ongeluk. Foto: Facebook

Luidens Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, is die ouderdomme nie in die stadium beskikbaar nie.

Die twee oorledenes is Donderdag as Mitch en Tammy Sargant uitgeken deur die polisie.

Otto sê dat inwoners van die plaas Jejani  die mikrovliegtuig sien val het.

 

Tammy Sargant, wat in die ongeluk oorlede is. Foto: Facebook
Tammy Sargant, wat in die ongeluk oorlede is. Foto: Facebook

Dit is in hierdie stadium nie bekend wat die ongeluk kon veroorsaak het nie.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

Die Burgerlike Lugvaartowerheid is van die voorval ingelig.

Die mikrovliegtuig waarin Mitch en Tammy verongeluk het.
Die mikrovliegtuig waarin Mitch en Tammy verongeluk het.

Related Articles

Back to top button