Merensky kook tydens matriek eksamen

Ongeag die daling in die nasionale slaagsyfer kan Merensky se matriekklas van 2014 weereens spog met ‘n 100% slaagsyfer, soos in 2013.

Uit 169 kandidate behaal Merensky 223 vakonderskeidings en 100 kandidate voldoen aan baccalaureus vereistes, wat ook ‘n verbetering op die 2013 uitslae is. 66 Leerlinge voldoen ook aan diploma vereistes en 3 aan hoër sertifikaat vereistes.

Hoofseun, Rean Venter, het met die louere weggestap deur 9 vakonderskeidings te behaal in onderskeidelik Afrikaans HT, Engels EAT, Wiskunde, LO, Rekeningkunde, Ingenieursgrafika en Ontwerp, Informasie Tegnologie, Fisiese Wetenskap en Lewenswetenskap.

Benna van Kasterop behaal 6 vakonderskeidings: Engels EAT, Wiskunde, LO, Informasie Tegnologie, Fisiese Wetenskap en Lewenswetenskap.

Vyf matrieks het onderskeidelik 5 en 4 onderskeidings ingepalm, terwyl 4 matrieks 3 onderskeidings behaal het.

Baie geluk aan elke matriek. Die Plasie personeel en ouers salueer julle!

Exit mobile version