Plasies reik uit vir Kersfees

JAARLIKS maak die Mnr en Mej Merensky-kandidate 'n verskil by 'n gekose instansie in die dorp.

JAARLIKS maak die Mnr en Mej Merensky-kandidate ‘n verskil by ‘n gekose instansie in die dorp.

Vanjaar was dit die beurt van God’s Haven om spesiale aandag en besoeke van die groep te ontvang.

Tydens een van die besoeke, het die bestuur van God’s Haven aangedui dat daar ‘n behoefte bestaan om die 21 skofwerkers en versorgers, ook oor die Kersgety te bederf.

Die organiseerder van Mej Merensky, Wilna van Niekerk het die inisiatief geneem om hierdie wens te vervul. Op Donderdag 27 November het Mnr en Mej Merensky, Dyllan Oosthuyze en Kristie Badenhorst, vergesel van hul eerste prins en prinses, Rassie Pretorius en Juané Fernandes, die werkers elkeen verras met ‘n welverdiende geskenk.

Exit mobile version