Local newsNews

Agri Letaba bespreek knelpunte

AGRI Letaba het hulle finale jaarvergadering verlede Donderdag aangebied.

Willem van Jaarsveld van Agri Limpopo het die lede meegedeel dat munisipale grondeise in stroom en dat die grondeisekommissaris nie oor die nodige kapasiteit besit om dit te hanteer nie.

Boere word gevra om binne in hulle boereverenigings persone op grondvlak aan te stel om na grondeise te kyk. Daar is ook nie deurlopendheid op waardasies nie. Pieter Vorster het ook gesê dat dit nou aan die einde van winter staan en dat die damme lekker vol is vir ‘n goeie besproeiings seisoen. ‘n Baie belangrike punt waarop klem gelê is, is die feit dat waterverifikasie voor of teen einde Desember bevestig moet word.

Persone of instansies wat op lanbou grond besproeiing toepas moet hulle waterverifikasie as korrek bevestig. Die maatskappy wat dit in die Letaba/Levubu area van Limpopo hanteer namens die departement van waterwese is Evirocon in Polkwane, en kan Antonie van Staden geskakel word Die nasionale minimum loon is ‘n realiteit die vraag is net wanneer dit geimplimenteer gaan word.

Op die veiliheid en sekuriteits front blyk dit dat kabeldiefstal toeneem en boere word gemaan om bedag te wees. Daar is ook klagtes dat persone sake aanmeld by die SAP maar dat aanklag personeel vorendag kom met verskonings, dat daar nie voertuie beskikbaar is nie, en dat hulle ook nie oor brandstof beskik nie. Hulle word gedreig deur dit te rapporteer aan die brigadier, en dan word daar eers gereageer.

Die bestuur van Agri Letaba is ‘n twee jaar siklus en die huidige bestuur is heringestel. Van Jaarsveld het ook tydens die vergadering gesê dat daar ‘n ongekende groei is van lede by Agri Limpopo en het die getal met 10% gegroei. Meganisasie in boerderye is op almal se lippe, en het die lede gehoor dat dit nie is wat die regering wil hoor nie. Die vergadering is afgelsuit met ‘n heerlike en gesellige braai.

Related Articles

Back to top button