EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Kerk hou kersmark

Die AP Kerk Tzaneen se jaarlikse kersmark is om die draai.

DIE AP Kerk Tzaneen se jaarlikse kersmark is om die draai.

Daar sal weer produkte van hoë gehalte beskikbaar wees, onder andere ‘n moderne kunsmark en heerlike teetuin, plante, groente, vleis, gebraaide boerewors-, romerige steak-rolle, kerrie & rys, jaffels, pannekoek, stokworsies, gebak en talle ander lekkernye.

Daar sal ook speletjies en ‘n springkasteel vir die kinders beskikbaar wees.

Besighede kan kos vooraf bestel vir aflewering vanaf 12:00.

Die volgende sal beskikbaar wees: Pannekoek, jaffels, stokworsies, kerrie & rys, steak- en boereworsrolle en koeldrank.

Skakel Doempie by 083 645 3747 vir bestellings. Gaan maak gerus ‘n draai by die Grasdakkerk.

Slegs een dag, Vrydag 22 November vanaf 09:00 tot 19:00.

Daar sal ook ‘n debiet- en kredietkaartmasjien beskikbaar wees vir u gerief.

Skakel Donovan by 074 589 8429 / donovan@lby.co.za vir enige verdere navrae.

Related Articles

Back to top button