Retief kom Tzaneen toe

RETIEF Burger, die gewide en welbekende gospelsanger en lofprysingsleier, is eersdaags in Tzaneen.

RETIEF Burger, die gewide en welbekende gospelsanger en lofprysingsleier, is eersdaags in Tzaneen.

Dit is die eerste keer in ‘n baie lang tyd dat Retief in Limpopo optree.

Hy is bekend vir liedere soos; “Leeu van Juda”, “Immanuel”, “Alles vir my”, “Hier is ek”, “Daar is niks” en vele meer.

Die optrede is ten bate van Dinamus Verrykingsentrum vir kinders met leergestremdheid.

Die geleentheid vind op 15 November by Dinamus Gemeenskapsentrum (6 Industriaweg Tzaneen, net om die hoek van Trans Letaba Paneelkloppers) om 18:30plaas.

Slegs 500 kaartjies is beskikbaar. Boereworsrolle en koeldrank sal te koop aangebied word.

Kaartjies is beskikbaar by Mosaïek boekwinkel, Sugarloaf of by Riana by Dinamus: 083 285 3340.

Exit mobile version