Boer van die jaar toekenning welverdiend

Die toekenning wat Milaan Thalwizer en die Bosveld Groep verlede week as Boer van die Jaar ontvang het is welverdiend. Dis egter heelwat meer. Dis waarskynlik hopeloos later as wat hy dit moes ontvang, dis waarskynlik ‘n toekenning wat hy elke jaar behoort te ontvang en dis ook weer bevestiging van die gehalte landbouers en …

Die toekenning wat Milaan Thalwizer en die Bosveld Groep verlede week as Boer van die Jaar ontvang het is welverdiend.

Dis egter heelwat meer. Dis waarskynlik hopeloos later as wat hy dit moes ontvang, dis waarskynlik ‘n toekenning wat hy elke jaar behoort te ontvang en dis ook weer bevestiging van die gehalte landbouers en landbouleiers wat ons omgewing oplewer.

Sonder om hard te dink spring tien name op van boere in die omgewing wat op meriete die toekenning verdien. Meeste van hulle deel van geslagte van landbouers en leiers en met ‘n stamboek wat ‘n integrale deel is van die trotse geskiedenis van ons omgewing.

Interessant genoeg is dit opvallend dat van ons suksesvolste boere, en ook die manne wat voor vat wanneer dit saak maak, betrokke is by inisiatiewe om die speelveld in die landbou gelyk te maak en voorheen benadeelde gemeenskappe op te hef en – op verdienste – anderskleuriges in hul aktiwtiteite te betrek.

Die mense is rolmodelle op veel meer terreine as wat regverdiglik van hulle verwag kan word. Dis die mense wat daartoe bydra dat ons omgewing ekonomies steeds floreer en dat landbou in ‘n relatief rustige klimaat in die kontrei bedryf kan word.

Baie geluk aan Milaan en die Bosveld Groep. Ons is saam trots en sien die toekenning as sprekend van veel meer.

Exit mobile version