Plasies vereer tydens somer prysuitdeling

Zander Ernst, 2014 se Jong Boer van die Jaar en oud-Plasie was die inspirerende gasspreker by die jaarlikse somerprysuitdeling op Donderdag 23 Oktober. Talle sertifikate, trofees en erepennings word by die geleentheid aan verdienstelike leerders oorhandig.

Zander Ernst, 2014 se Jong Boer van die Jaar en oud-Plasie was die inspirerende gasspreker by die jaarlikse somerprysuitdeling op Donderdag 23 Oktober.

Talle sertifikate, trofees en erepennings word by die geleentheid aan verdienstelike leerders oorhandig.

Die aand word opgekikker met items deur die Merensky Koor, Rudolph Beetge en sy oud-Plasie pa, Witte op Kitaar en Cara-Mia Baker met Viool.

Beste klas van 2014: Gr11A – Hierdie klas het op verskeie gebiede uitgestyg as voorlopers in die skool.

Erepennings: Brons: Tertius Kruger,3de plek SA Atletiek Spiesgooi, Goud: Phillemon Mabidilala-1ste plek SA Atletiek 110m Hekkies, Goud: Renart Botha- 1ste plekke by SA Veld en 3D Boogskiet, Goud: Ezri Hugo- twee 1ste plekke by SA Gimnastiek.

Skiewies van die jaar: Anri McLean & Xander Botha.

Getroue en Onbaatsugtige Diens: Ricus Warmenhoven.

Toewyding en Volharding: JJ van Heerden.

Hoogste Kultuurtoekenning: Mynhardt Bouwer – Beste Snr Redenaar, Beste Toneelspeler.

Plasie gaan lê nooit nie: Blake Linder.

Trofee vir uitsonderlike navorsing: Marlu McLean.

Sportvrou van die jaar: Kelsey Ann Mostert.

Exit mobile version