Local newsNewsSchools

Plasie matrieks vir oulaas bymekaar

Moeders het 'n traan gepink, en vaders het met 'n knop in die keel die laaste amptelike byeenkoms van die matriekgroep van 2014 op Donderdag 23 Oktober te Plasieland bygewoon.

Moeders het ‘n traan gepink, en vaders het met ‘n knop in die keel die laaste amptelike byeenkoms van die matriekgroep van 2014 op Donderdag 23 Oktober te Plasieland bygewoon.

Na ‘n groeteboodskap van Ina van Rensburg, voorsitter van die SAVF, is die verrigtinge vrolik afgeskop deur die Apie-klas van die SAVF Kleuterskool.

Hul het met ‘n Rio veredos die matrieks aangemoedig om hoog te vlieg.

Daarna het die Larries se Graad1’s die gehoor geinspireer met hul opgewekte item.

Besonder pittige groeteboodskappe is ook deur die hoofleiers van Laerskole Duiwelskloof, Dr Annecke en Tzaneen gebring.

Pastoor Bryan Varrie wat self ‘n matriekouer is, het ‘n kolskoot besielende boodskap gelewer, waarna oud-hoofmeisie Simonè Schoeman “Eendag as ons groot is” gesing het. Sy het man en muis beïndruk met ‘n skyfievertoning van die matrikulante se afgelope vyf jaar op Plasieland.

Daarna het elkeen die tradisie voortgesit deur die beesklok vir oulaas te lui.

Selfs die hardebaard-manne het aan die einde van die verrigtinge met die sing van “Merensky in Union” ‘n sagter oomblik beleef!

Plasieland salueer die klas van 2014 en hou duim vas vir super matriekuitslae.

Related Articles

Back to top button