Plasie koshuisbrakke neem afskeid

Alle goeie dinge moet tot 'n einde loop en so is 'n maskerbal gehou om die jaar vaarwel te roep.

ALLE goeie dinge moet tot ‘n einde loop en so is ‘n maskerbal gehou om die jaar vaarwel te roep.

Op Dinsdag 21 Oktober het Merensky se koshuisinwoners hul deftigste klere uit die kas gehaal, maskers opgesit en die koshuisdinee bygewoon.

Vanjaar se Maskerbal het beslis 2014 op ‘n hoogtepunt afgesluit. Die Graad 10 groep was verantwoordelik vir die saalversierings en die dek van tafels met swart, pienk en wit as tema.

‘n Heerlike driegang maaltyd is voorgesit en die dansvloer is behoorlik blink gedans na afloop van die formele ete.

Toekennings is op die aand gemaak om erkenning aan koshuisinwoners te gee wat die goeie gees, eie aan die Merensky Koshuis, ten volle uitgeleef het. Koshuis skiewies van die jaar is ook aangewys.

Geluk aan Ronel du Toit en JJ van Heerden. Die Matriek van die jaar is Jezza-Rae Larson. Toekennings is ook gemaak vir die gang van die jaar en die netjieste kamers in beide die seuns- en meisieskoshuis.

Exit mobile version