Plasie skrywers presteer tydens Expo

Drie Merensky-leerlinge, naamlik Laryn Prins Gr10, Elzette van Dyk en Marlu McLean Gr9, het hul weer eens goed van hul taak gekwyt by die Nasionale FAK Afrikaans Skole-Ekspo waar hul in verskeie kategorieë uitgeblink het.

Drie Merensky-leerlinge, naamlik Laryn Prins Gr10, Elzette van Dyk en Marlu McLean Gr9, het hul weer eens goed van hul taak gekwyt by die Nasionale FAK Afrikaans Skole-Ekspo waar hul in verskeie kategorieë uitgeblink het.

Dit is reeds die agste jaar dat Merensky-leerders met welslae hieraan deelneem.

Die tema was “1914/2014”, en dit was nie net toepaslik as gevolg van historiese gebeure soos die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog of die Rebellie nie.

Dit was ook die jaar waarin Langenhoven die eerste Afrikaanse spelreëls gepubliseer het.

Hierdie einste publikasie het gelei tot die ontwikkeling van Afrikaans as ‘n hoëfunksieskryftaal.

Verskeie interessante letterkundige kategorieë, bv Beredeneerde Opstel, Dagboekinskrywings, Jip Rubriek, Kortverhale, Poësie, Dramateks, Koerantberig en ‘n Advertensie word aangebied.

Daar word ook voorsiening gemaak vir kuns soos skilderkuns, kortfilms, video’s, en selfs ‘n youtube insetsel.

In die kategorie: Jip-Rubriek het Elzette met haar rubriek, Van slegte verlede tot sukses in die hede,78% behaal, terwyl Marlu met haar ‘n Toekomsvisie 80% behaal.

Laryn behaal ook in dié kategorie 80% met haar rubriek Gister se besluite. Laryn se skilderkunswerk: Ons Land Ons Trots, behaal 74%.

Elzette se koerantberig: Ferdinand se dood veroorsaak oorlog, behaal 76%.

Dis egter in die Poësie-afdeling waar Laryn en Elzette bewys dat hul met woorde kan speel.

Elzette se gedig: 1914: Afrikaans se superman behaal 84% na die eerste rondte beoordeling, en Laryn se Die Grense behaal 90%.

Na die tweede rondte beoordeling kry Laryn 86% vir hierdie gedig.

Geluk aan hierdie drie leerlinge. Hul het met kreatiwiteit en entoesiasme ‘n moeilike tema aangepak en hul slag gewys.

Exit mobile version