Local newsLocal sportNewsSport

Westerndag ‘n groot sukses

Die Westerndag by Doornhoek Equestrian Estate was 'n reuse sukses.

DIE Westerndag by Doornhoek Equestrian Estate was ‘n reuse sukses.

Speletjies het afgeskop met aksie en gou was daar nog inskrywings. Daar was 30 inskrywings en sommige ruiters het twee perde ingeskryf wat die totaal op 35 perde laat staan het.

Die organiseerders, Tharina v d Walt en Zonya Beukes beplan om dit twee keer ‘n jaar te hou na aanleiding van die groot belangstelling en goeie opkoms van ruiters.

‘n Western Klub is gestig, Buckles & Boots wat sal saamwerk met SAWMGA en Western Suid Afrika.

‘n Datum gaan deurgegee word in November vir alle belangstellendes in die Western Mounted Games. Die organiseerders is in die proses om met ‘n gekwalifiseerde Western Games beoordelaar te onderhandel om op ‘n gereelde basis afrigting te gee by Doornhoek Equestrian Estate.

Die volgende Westerndag is reeds gedagboek vir by die Oever fees.

Tharina en Zonya wil weer eens die volgende persone en borge bedank vir hulle ondersteuning en hulp met die Westerndag: Wikus en Tina van der Merwe van Snyman Voere vir ‘n borgskap asook hulp by die arena.

Dino Beukes van Pestco. Riaan du Plessis van Tzaleba. Werner Schultz van CTM Tzaneen. Outien en Manda Rabie van Prop Management Services. Rene van Aswegen van Tamboti Lodge. Johan Nortje. Doornhoek Equestrian Estate. John Deere.HI Q. Marnus en Francois Pienaar van Franmar. Lino van Sugar Loaf en Sugar Hill. Willie Jonker van Reward Estates. Andre de Lange van Ecopark.

‘Baie dankie vir elke ruiter, ouer en toeskouer wat die moeite gedoen het om die dag te kom bywoon. Almal wat kom stalletjies opslaan het, ‘n groot dankie aan julle ook.’

Vir enige navrae en belangstelling in die afrigting of in die klub skakel Tharina by 083 271 9778 of Zonya by 076 758 8866.

Related Articles

Back to top button