NewsSchools

Vossie hokkie bokkies wen

Die 0/16A- hokkiespan, van die Hoërskool Ben Vorster het die afgelope Oktober vakansie aan die Limpopo provinsiale kampioenskap deelgeneem.

DIE 0/16A- hokkiespan, van die Hoërskool Ben Vorster het die afgelope Oktober vakansie aan die Limpopo provinsiale kampioenskap deelgeneem.

Die toernooi is deur die Departement van Kuns, Kultuur en Sport aangebied in Polokwane.

Aangesien die span vroeër vanjaar as Limpopo-kampioene gekroon is, het hulle slegs een wedstryd gespeel teen ‘n skool van Mokopane.

Die wedstryd is met 9 doele teenoor 0 gewen.

Die doele is deur Marli Burger, Jenna Auret, Beauty Maake, Talenta Mabunda, Alison Rudder en Deidré Viljoen aangeteken.

Gretchen Bekker, die kaptein, was ‘n staatmaker op verdediging.

Die span neem gedurende Desember aan die nasionale toernooi in Pretoria deel.

Baie dankie aan die volgende 0/15-spelers wat bygedra het tot die oorwinning: Cheny Lourens, Elzanne Engelbrecht, Melissa Naudé, Marizelle van Zyl, Jonélle Oberholzer en Paula Ntuli.

Julle maak die skool trots.

Related Articles

Back to top button