Misdaad neem toe – wees bedag

Inwoners word gewaarsku om op die uitkyk te wees vir drie verdagtes wat in King Edwardlaan rondwaal. Hulle bekyk glo huise en moontlike roof is nie uitgesluit nie.. Die een verdagte dra ‘n helder rooi hemp en die ander dra glo ‘n bruin pak met ‘n hoed op. Wees op die uitkyk en laat weet …

Inwoners word gewaarsku om op die uitkyk te wees vir drie verdagtes wat in King Edwardlaan rondwaal.

Hulle bekyk glo huise en moontlike roof is nie uitgesluit nie..

Die een verdagte dra ‘n helder rooi hemp en die ander dra glo ‘n bruin pak met ‘n hoed op.

Wees op die uitkyk en laat weet polisie onmmidelik as jy onraad vermoed.

Nog ‘n waarskuwing:

Marius Jacobs, van Northern Sekuriteit het ook inligting ontvang van diefstal uit ‘n wit gholf Sondagnag in Aqua laan.

Volgens Jacobs is daar ook ‘n nuwe slenter wat kop uisteek waarby drie verdagtes glo betrokke is.

Die voorval het by die Lifestyle sentrum gebeur oor die naweek.

Een verdagte het ‘n slagoffer genader en hy is meegedeel dat Game ‘n uitverkoping het op 50″ platskerm televiesie toestelle teen R3 500.

Die verdagte het nie onraad vermoed nie en gesê dat hy daar sal gaan draai..

Die verdagte het vir hom gesê dat hy nie in die winkel self moet gaan nie , mnaar agter by die verspreidings area. Hy moet ook kontant neem want daar is kaart fasaliteite nie.

Die man het onraad vermoed en Game geskakel. Daar is toe ‘n strik vir hulle gestel.

Twee verdagtes is inhegtenis geneem.

Die man en sy vrou het beide doodsdreigemente op hulle selfone gekry.

Volgens Jacobs is dit baie eienaardig aangesien hulle nie weet waar die verdagtes hulle nommersin die hande kon kry nie.

Die verdagte het glo gesê dat hy ‘n persoon by vodacom ken, en hulle sal opspoor waar hulle ook al is.

Wees uiters bedag op die moontlike sindikaat wat sy kop uitsteek.

Ons nader die feesseisoen, en misdaad neem gewoonlik toe in die tydeperk. Wees op julle hoede.

Exit mobile version