Hou jou vandag so besig

Daar is heelwat te doen die naweek. Wegneemetes vanaand, 'n oggentee en 'n heerlike mark.

GENIET die naweek!

Die VLU bied vandag ‘n oggendtee aan waar sjokolateur, Nicola Greyling demonstrasies met sjokolade gaan doen.

Dit word aangebied in die amfiteater van NG Kerk Letsitele.

Koste beloop R70 per persoon en dit duur van 09:00 tot 13:00.

Skakel Adri Joubert by 071 872 4143 of Ina Kruger by 082 964 1900.

Kuier by die Kraakvars Oppi Plasie mark wat vandag van 09:00 tot 15:00 op Lushof (R71 Phalaborwapad) gehou word.

Gaan geniet al die bekende geure, kleure en gebeure en sommer ook splinternuwe stalletjies.

Geniet die saam kuier in ‘n gesellige atmosfeer – smul, kuier, wandel en ontspan.

Exit mobile version