EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Taste of Tzaneen Fest spog met plaaslike produkte

'n Groot geleentheid om met al die plaaslike produkte te spog is beslis die Taste of Tzaneen Fest.

‘n GROOT geleentheid om met al die plaaslike produkte te spog is beslis die Taste of Tzaneen Fest.

Dit vind vanjaar op 7 en 8 November by Fairviev Hotel en Village plaas.

Die Fees bied soos verlede jaar weer eens iets vir almal aan.

‘n Verskeidenheid lekkernye uit die area word in die hoof onthaalsaal aangebied. Dit sluit ‘n verskeidenheid wyne, kase, en ander delikatesses vir die fynproewers in.

‘n Kwekery uitstalling sowel as eksotiese orgideë (waarmee Tzaneen onlags naam gemaak het,) sal buite te sien wees.

Gesinsaktiwiteite word op die grasperk naby die le’Thaba Restaurant aangebied. Dit sluit ook ‘n groot area spesiaal vir die kinders in.

Binneshuise versiering uitstallings asook ‘n verskeidenheid boetiekware kan in die Modjadjisaal besigtig word.

Soos reeds genoem is die primêre doel van die Fees om Tzaneen se plaaslike produkte en talent uit te stal, daarom kom die meeste produkte en uitstallings uit die omgewing.

Die potjiekos kompetisie, geborg deur Letaba Herald, beloof groot lekkerte. Gaan probeer jou hand aan ‘n pot en wie weet watter span as Tzaneen se potjiekos koning gekroon sal word. Inskrywingsvorm elders in die uitgawe.

Die Fees begin Vrydag om 11:00 tot 22:00 en Saterdag van 09:00 tot 18:00.

Related Articles

Back to top button