Editor's choiceLocal newsNews

OPVOLG: Verkoolde lyk gekry na brand by hospitaal

Die ligaam is Woensdag ondek, het Macks Lesufi, mediawoordvoerder van die departement van gesondheid gesê. Luidens kol Ronel Otto is die ligaam onherkenbaar verbrand en kan dit nie uitgeken word nie. ‘Daar sal nou deur die pasiente lys gewerk moet word om te sien wie vermis word,’ het sy gesê. Sy het verder aangedui dat …

Die ligaam is Woensdag ondek, het Macks Lesufi, mediawoordvoerder van die departement van gesondheid gesê.

Luidens kol Ronel Otto is die ligaam onherkenbaar verbrand en kan dit nie uitgeken word nie.

‘Daar sal nou deur die pasiente lys gewerk moet word om te sien wie vermis word,’ het sy gesê.

Sy het verder aangedui dat niemand egter in die stadium vermis word nie en dat dit glo nie ‘n mediese personeel lid is nie.

Forensiense patoloë van die departement en die SAP was op die toneel en DNA toetse sal moet bepaal wie die slagoffer is, het hy gesê.

Die Letaba Hospitaal se psigiatriese saal was Maandag om omstreeks in ligte laaie na ‘n brand daar uitgebreek het.

Die kraamsaal se pasiente is ook ontruim en sowat 45 pasiente is na drie ander plaaslike hospitale oorgeplaas.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

Die skade beloop glo etlike miljoene rande

Otto, sê dat ‘n forensiese span die oorsaak van die brand sal ondersoek.

Related Articles

Back to top button