Local newsNewsSchool sportSchoolsSport

Merensky skuts vaar goed

Skuts van die Merensky boogskietklub het op 27 September aan twee kompetisies deelgeneem. Die Limpopo 3D kampioenskap en die Limpopo Liga het beide by die Forever Oord te Warmbad plaasgevind. Tydens die Limpopo 3D kampioenskap was die baan tegnies moeilik maar fisies hanteerbaar en geleë in 'n pragtige omgewing.

SKUTS van die Merensky boogskietklub het op 27 September aan twee kompetisies deelgeneem.

Die Limpopo 3D kampioenskap en die Limpopo Liga het beide by die Forever Oord te Warmbad plaasgevind. Tydens die Limpopo 3D kampioenskap was die baan tegnies moeilik maar fisies hanteerbaar en geleë in ‘n pragtige omgewing.

Dit was baie warm, maar gelukkig het die windjie later bietjie lafenis gebring. Merensky Boogklub het goed gevaar en dit baie geniet.

Uitslae is soos gewoonlik uitstekend en Merensky spog met 5 provinsiale kampioene, naamlik Ricus Warmenhoven, Marietjie Harmse, Canell en Beneche Jackson en Simoné Smith. Pieter van der Merwe en Ockert le Roux behaal silwer en Danie Harmse brons.

Die klub is besonder trots op Marietjie Harmse. Sy het vir die vyfde keer gekwalifiseer vir Nasionale kleure, en is op pad om deel van die Protea-span te word.

Limpopo Liga kompetisie wat op dieselfde dag geskiet is, se uitslae is as volg: Ricus Warmenhoven, Marietjie Harmse, Schalk Warmenhoven, Canell en Beneche Jackson, Ockert le Roux, Leon Jardin en Simoné Smith behaal goud, Pieter van der Merwe en Danie Harmse behaal silwer en Arno Harmse brons.

Related Articles

Back to top button