Bejaardes baat by SAVF projek

Die SAVF op Modjadjiskloof het onlangs 'n projek ten bate van Goue Jare geloods waarby NG gemeente Laeveld asook die gemeenskap betrek is.

DIE SAVF op Modjadjiskloof het onlangs ‘n projek ten bate van Goue Jare geloods waarby NG gemeente Laeveld asook die gemeenskap betrek is.

Versierde sakke met ‘n lysie van benodighede vir die senior burgers is aan vrywilligers uitgedeel om gevul te word.

Die sakke het groot byval gevind en was op & September almal terug by die kerk. Die bejaardes van Goue Jare is op 9 September met die sakke verras. Personeel daar het ook elkeen ‘n blyk van waardering vir hulle liefdevolle diens en opoffering ontvang.

Die organiseerders het weer eens besef hoe belangrik dit is om die bejaardes te bederf. ‘Hulle vra so min en waardeer elke klein dingetjie wat vir hulle gedoen word. Ons moet nooit vergeet dat ons almal eendag so oud gaan wees nie. Wat baie belangrik is, is dat ons besef dat al is of word jy hoe oud, jou behoeftes bly dieselfde.”

Hulle bedank elkeen wat ‘n sak gevul het. Enigiemand wat belangstel om by bg projek betrokke te raak, kan Daleen by 083 628 9222 skakel.

Exit mobile version