BusinessInternational

Kalmte by huisie op die hoek

Corner House, die een-stop winkel wat elke vrou nodig het om the ontspan, het onlangs sy deure oopgemaak.

ALLE vroue het ‘n oase van kalmte nodig terwyl die storm van die lewe oor hul woed. ‘n Plek waar hul kalmte kan vind en ontspan. ‘n Plek waar die kleinspan besig gehou kan word in ‘n veilige atmosfeer sodat ma rustig haar koppie tee of koffie kan klaar drink.

Een so plek het onlangs sy deure in Tzaneen geopen. “Ek wil dit ‘n een-stop plek maak vir vroue en kinders,” sê Aliscia du Preez, eienaar van Corner House, die alles-in-een winkel. Geleë op die hoek van Saligna- en Adshadestrate oorkant Minitzani, is dit baie gerieflik vir ma’s om vinnig ‘n koppie koffie te kom drink of rond te snuffel nadat hul kinders by die skool afgelaai is.

Daar is ‘n vertrek vir elke aangeleentheid. Met die intrapslag vang Lila’s, die koffiewinkel, onmiddellik die oog. Pragtige pastel kleure verleen ‘n koel, rustige atmosfeer en lok jou nader. Die dekor, gedoen deur Nicholas Strever en Shane Newton van Newton & Strever binnehuis versierders, nooi jou heel vriendelik om te kom sit, jou skoene uit te skop en net te ontspan.

Die Deeghoekie, bedryf deur Lilize du Plessis, is perfek vir die bobaas-bakster in elk van ons wat dalk net ‘n klein hupstoot nodig het. Van gerieflike “voeg net botter by” korse tot pizzas gereed om in die oond te druk is hier beskikbaar. Daar is iets om selfs die soetste soettand te bevredig. Vir diegene wat van varsgebakte broodrolletjies of worsrolle hou, maar nie lus is of tyd het vir die moeite wat daarmee gepaard gaan nie, die Deeghoekie het dit alles gereed om net tuis gebak te word. Gerieflik, smaaklik en eenvoudig.

Daar is ook ‘n partytjiewinkel, ‘n geskenkwinkel, en ‘n klere en speelgoed winkel vir kinders, alles onder Aliscia se bestuur. Ietsie Môis, die klerewinkel vir dames, word deur Lynette Gouws bedryf.

Herbal Life produkte en gesondheid asseserings kan gedoen word by Zelda en Liné by Zest Life.

Besigheidsure is Dinsdag tot Vrydag van 08:00 tot 17:00, Saterdag van 09:00 tot 13:00 en Maandag van 07:00 tot 17:00 om ma’s wat hul kinders by koshuise aflaai te akkommodeer.

Die rustige, huislike atmosfeer en pragtige ware is daar om te verseker dat Conner House vinnig soos ‘n tweede tuiste te laat voel.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button