InternationalSport

Twee van Tzaneen pak Comrades se 90km

Terwyl menige Tzaneeners Sondag hul Comrades-wedlope op hul eie gehardloop het, het twee atlete, die gesoute Cor van Heyningen en die relatiewe nuweling tot Comrades, Alicia van Zyl, die volle 90km aangepak en voltooi.

Cor het aan die Herald vertel dat hy al veertien keer die Comrades gehardloop het en dat dié sy tweede virtuele Comrades wedloop was.

Hy het die 90km in 10 uur en 19 minute voltooi.

Mense van regoor die wêreld het vir dié virtuele wedloop in met afstande wat wissel tussen 5km tot die volle 90km ingeskryf.

Alicia van Zyl.

Cor sê dat Covid eintlik gehelp het om meer atlete na die wedloop te lok.

“Die virtuele Comrades is ‘n groot geleentheid vir die Comrades-handelsmerk om sy kliëntebasis uit te brei,”

Also read: Ultra-marathon to be run to save rhinos

“Veral die 21km- en die 45km-afstande was baie gewild,” het hy gesê. “Wat die virtuele wedloop lekker maak is dat al jou vriende en ondersteuners is naby jou, maar ‘n mens moet baie goed beplan om jou aanvullings en water op die regte plekke in te neem, veral op die 90km-afstand. Tzaneen is nie die maklikste plek om dit te hardloop nie.”

Alicia het aan Herald gesê dat sy haar wedloop ook in 10 ure en 19 minute voltooi het.

“Ek het in 2019 my eerste Comrades gedoen in ‘n tyd van 10:59 met ‘n besering. Verlede jaar het ek net die 45km gedoen en vanjaar die 90km,” sê sy.

“Ek het einde April die Recce-wedloop in Dullstroom gedoen. “Dit was 11:30 ure veldwedloop in die berge en ek het twee keer baie hard in die donker geval waar ek my knie seer gemaak het. “Sondag het ek so op 40km begin sukkel met my knie, maar dit het vinnig weer beter gevoel.

“Dit was ‘n baie goeie wedloop gewees en dit baie geniet,” het sy gesê.

Related Articles

Back to top button