InternationalMotoringSportSport

Merensky laat die speke sing

In die eerste vriendskaplike Limpopo MTB XCO by die Louis Trichardt Boerefees op 24 April het Hoërskool Merensky se bergfietersryers Christené van Wyngaardt, Xandrich Schoerie, Kamogelo Mogale, Sophia van Wyk, Anke Rood, Hanré van den Berg en André van Deventer hul staal getoon.

Sophia van Wyk (sub-junior meisies) behaal ‘n tweedeplek en Hanré van Wyk (seuns) eindig derde.

Op 8 Mei tydens die MTB XCO te Bouncy Croc Farm te Mookgopong laat Sophia van Wyk (sub-junior meisies) behoorlik die speke sing en spog welverdiend met ‘n eersteplek.

André van Deventer (seuns) hou ook Plasieland se naam hoog en verwerf ‘n tweedeplek.

Hierdie roete het ‘n kwaai tegniese uitdaging gebied en bykans al die fietsryers het in een of ander stadium sleg met Moeder Aarde kennis gemaak.

Sophia van Wyk.

Lees ook: Limpopo colours, SA Champs and spirit trophy for Merensky’s sizzling MTB team

Xanrich Schoerie (sub junior seuns) eindig vierde, Anke Rood (meisies) sesde en Kamogelo Monyela (seuns) negende.

Dian Venter kon ongelukkig nie die roete voltooi nie nadat sy fiets se handvatsels met ‘n groot val gebuig het.

Die onverskrokke fietsryers slyp hul tande vir die volgende ronde by Stanford Lake College op 29 Mei.

Related Articles

Back to top button