TZANEEN: Letaba pak Witrivier dié naweek op tuisveld

Toeskouers word genooi om gazebos, tentjies en braaiers te bring.

Drie rugbywedsryde vind Saterdagmiddag by die skougronde plaas wanneer Letaba Rugbyklub met 3 spanne teen Witrivier te staan kom.

Die derdespanne spring reeds om 2-uur aanmekaar waarna die ander wedstryde volg.

Die tradisie wat begin is met ‘n potjiekos-kompetisie tydens Letaba se tuiswedstryde word ook voortgesit met die omgewing se slaghuise en drankwinkels wat teen mekaar gaan kompeteer.

READ: TZANEEN: Tafel gedek vir rugbyskouspel

Die kos gaan daarna aan die spelers wat die dag in aksie was bedien word.

Toeskouers word genooi om gazebos, tentjies en braaiers te bring en so deel te wees van die dag se ontspanning.

Kroegdienste, etes en ander verversings sal ook beskikbaar wees.

Die daaropvolgende Saterdag speel Letaba in die Pumbas Rugbyklub van Hoedspruit se Rugbydag om hul 75ste bestaansjaar te vier.

Die wedstryd sal ongeveer 16:00 die middag by drakensig gespeel word as deel van ‘n program vol rugby wat reeds 21:00 die oggend begin en tot laat aand sal duur.

Exit mobile version