TZANEEN: Tafel gedek vir rugbyskouspel

Saterdag se rugby kry ook ‘n nuwe geur by met ‘n nuwe tradisie wat by Letaba se tuiswedstryde gevestig gaan word.

Die jaarlikse vriendskaplike wedstryd tussen Letaba Rugbyklub en Nelspruit vind Saterdag by die skougronde plaas.

Plaaslike inwoners word genooi om die kragmeting by te woon.

Nelspruit is een van die sterkste klubs in Mpumalanga en jaarliks ‘n groot uitdaging vir Letaba.

Saterdag gaan dit beslis weer so wees.

Verlede jaar het Nelspruit gemaklik op hulle tuisveld gewen en Letaba sal graag vanjaar die bordjies wil verhang.

Die spanne ding mee om die LETABA HERALD/ LAEVELDER-trofee wat deur die koerante geborg word.

Saterdag se rugby kry ook ‘n nuwe geur by met ‘n nuwe tradisie wat by Letaba se tuiswedstryde gevestig gaan word.

Plaaslike motorhandelaars is genooi om in te skryf vir ‘n potjiekos-kompetisie en talle inskrywings is reeds ontvang.

Na die beoordeling van die lekkerste potjie sal die kos aan die spelers uitgedeel word.

Baie van die spelers is werkloos of verdien ‘n karige inkomste en dit is dus nie net ‘n kompetisie nie maar ook ‘n gemeenskapprojek. Besighede kry hiermee ‘n geleentheid om hulself te bemark en ook ‘n ete te voorsien aan iemand wat andersins dalk honger sou gaan slaap.

Vorentoe sal bande-handelaars, eiendomsagente en ander sektore genooi word om potjies te maak.

Toeskouers gaan dus nie net getrakteer word op puik rugby nie, maar kan ook kom loer hoe ‘n potjie nou eintlik gebou moet word.

Die tweedespanne spring om 14:30 aan mekaar terwyl die eerstespanne om 16:00 uitdraf.

Vir meer inligting oor die potjiekos-kompetisie kan gerus met Bennie Kruger gesels word op 083 635 1731.

LEES MEER: GALLERY: Letaba Rugby Club honour their sponsors

Lede van Letaba Rugbyklub saam met Stoffel
Vermaak van Hi-Q tydens die aankondiging
van ‘n verdere borgskap aan die klub.
Exit mobile version