Klub sluit af met blomme

Gallery: Die dames is vermaak deur Pieter Kotze se sang en sy dogter, Elziné Kotze wat nie net 'n danser is nie, maar ook 'n model is vir Amoné Modelling Academy.

Die Ansellia Blommeklub het verlede Woensdag hulle jaareindfunksie by Sanloo Manor aangebied.

Die vroue is verwelkom met ietsie te drinke waarna hulle tyd gehad het om bietjie rond te snuffel vir vroeë kersaankopies tussen die interessante stalletjies voor dat die verrigtinge afgeskop het.

Organiseerders van die funksie, Marietta van Rooyen en Leonore Joubert by di Tshega Christian School tafel voor die funksie begin het.

Die funksie is aangebied in die vorm van ‘n ontbyt waar die vroue lekker kon gesels oor blomme.

LEES OOK: Vrouwees in die 21ste eeu

Van die uitstallers was o.a. Millie & Sage, kraalborduurwerk en tradisionele items van Tshega Christian School om net ‘n paar te noem.

Marietta van Rooyen en Leonore Joubert, organiseerders van die geleentheid, het die vroue verwelkom en daar is geopen met skriflesing en gebed.

Rachel Steenkamp van Sanloo Manor met een van die handsakke van Millie & Sage in haar hand.

‘n Geleentheid is gegun vir Joey Deysel, voorsitter van die klub, om die prysoorhandiging te behartig vir die mooiste rangskikkings.

Deysel het ook geskenke uitgedeel aan lede wat hulle verjaarsdag in Desember gaan vier.

LEES OOK: Tzaneen park gets a face lift

Die dames is vermaak deur Pieter Kotze se sang en sy dogter, Elziné Kotze wat nie net ‘n danser is nie, maar ook ‘n model is vir Amoné Modelling Academy.

Sy het die titel van Little Miss Planet SA 2019 verower.

Seënwense vir die res van die jaar is uitgespreek en die program vir 2020 is bekend gemaak.

Hou gerus die pers dop vir meer besonderhede, die klub gaan die gemeenskap verseker met ‘n paar blomverrassings in die nuwe jaar betower.

Sien gallery hier onder:

Exit mobile version