Community galleriesEditor's choiceGalleries

Vrouwees in die 21ste eeu

Gallery: 250 vroue het aan Dr. Alberts se lippe gehang tyden haar praatjie oor stylvol vrouwees in Tzaneen.

Vroue van Tzaneen het in groot getalle opgedaag vir ‘n gesellige oggendtee wat Saterdag, 9 November by Fairview Hotel aangebied is.

Die tema van die funksie was ‘Stylvol vrouwees in die 21ste eeu’ deur die leiding van gasspreker, Dr. Ilze Alberts, wat eens in Tzaneen gewoon het.

Die organiseerder, Elize Theunissen, het die geleentheid met ‘n pragtige verwelkomingswoord geopen en Corrie Osmers het die skrifleising en gebed gedoen.

LEES: Gallery: Taste of Tzaneen a festival to remember

Die oggend het afgeskop met ‘n musiek-trio van Ellisras af, die Three Keys, wat gesorg het vir die heerlike atmosfeer wat onderandere die bekende liedere van Edith Piaf gespeel het.

Daar was ook ‘n kans om deel te neem aan ‘n gelukkige trekking vir 25 gelukkige wenners om wegstap met pryse wat gewissel het van Moringa Gin wat geborg is deur Old Packhouse Distillery, tot kaarte en handgemaakte handsakke van Kaross.

Elize Theunissen en Corrie Osmers tydens die opening van die funksie.

Kort na die opvoering deur die Three Keys het Dr. Alberts ‘n baie insiggewende praatjie gelewer oor menslike gedrag en wat dit verg om ‘n beter vrou te wees.

Sy het ‘n voorbeeld gegee van haar kleinkinders en hoe hulle daarvan hou om mekaar te rapporteer sou die een die ander onregverdig behandel.

Die Three Keys groep van Ellisras wat opgetree tydens die damestee.

“Hulle is ‘n tweeling, so u kan uself voorstel hoe dit gaan wees, my kleindogter kom normaalweg na my en sê ‘Ouma my boetie is nie mooi met my nie’ en ek vra haar dan of sy al ooit gehoor het hoe haar boetie haar kom verklae sou sy iets doen of sê wat nie sy goedkeuring weg dra nie,” het Dr. Alberts vertel.

LEES OOK: Victims identified after horror crash in Hoedspruit

Sy gebruik die konsep om ‘n vinger na iemand te wys terwyl drie vingers na jou terugwys.

Sy het verder twee wetenskaplike teorieë gebruik om albei hul ideologieë in die spel te bring en dit een oogpunt te maak om mee weg te stap.

Die gasspreker, Dr. Ilze Alberts.

Die oggend is afgesluit met Elize Theunissen wat al die vrouens bedank en vereer het en gevra het dat hulle mekaar in die toekoms sal ondersteun soos hulle op die dag gedoen het.

Sien gallery hieronder:

Related Articles

Back to top button