Gallery: M.O.T.H’s lê kranse neer ter herrinering

Die Longtom Shelhole Memorabile Order of Tin Hats (M.O.T.H) het Sondag 14 Julie stil geword ter nagedagte aan gevalle soldate.

Die M.O.T.H lede het bymekaar gekom by die Round Table klubhuis en blomkranse neergelê vir gevalle soldate wat gesneuwel het in die Eerste Wereldoorlog in Delvillebos.

Ian Houston, ‘The Piper’ tydens die seremonie.

Delvillebos is ‘n klein bos by die dorp Longueval in die Somme vallei in Frankryk. Tydens die Eerste Wêreldoorlog (1914 – 1918), het 121 offisiere en 3 032 manskappe van die Eerste Suid-Afrikaanse Infanterie Brigade op 14 Julie 1916 in ‘n hewige geveg gewikkel geraak as deel van die Slag van die Somme.

Ses dae later, op 20 Julie is die Brigade te hulp gesnel, maar dit was reeds te laat.

Slegs 29 offisiere en 751 manskappe het die Slag van Delvillebos oorleef en van die bos het net ‘n enkele booghoutboom na die slag staande gebly.

Sewe kranse is tydens die seremonie neergelê deur verskeie M.O.T.H lede.

‘n Handtjievol inwoners het ook die spesiale kranslegging bygewoon.

Elkeen het ook ‘n poppie-blom lapel gedra. Die lapel is sedert 1921 in gebruik om gevalle militere personeel wat gesneuwel het in ooloë te huldig.

Die gedenk lapel is geinspireer deur die Eerste Wereld oorlog gedig “In Flanders Fields.” Plaaslike inwoner, Lilian van Reenen het ook ‘n krans neergelê. Drie van haar ooms, (haar ma se drie broers) en twee van haar nefies is in die Delvillebos slagting oorlede.

Die waardige atmosfeer was tasbaar en in die stilte van die vroegwintersoggend is die kranse gelê.

 

Exit mobile version