GALLERY: Dit was weereens avo-licious

Die tweede Avofees was 'n fees met net een hoofbestandeel. Avo's, avo's en nogmaals avo's.

Dinamus gemeenskapskerk kan trots terug kyk na ‘n suksesvolle fees wat die afgelope naweek aangebied was op die skoolterrein van Laerskool Tzaneen.

Die winterweer het lekker saamgespeel en die tafels was letterlik gedek vir ‘n feestlike atmosfeer.

Met 60 uitstalllers was daar iets vir jonk en oud en snuisterye het die stalletjies se tafels laat kreun met gebak, gekook, gerooster en ge-‘smoothy.’ Reuse spookasems het die jongklomp stroop soet en taai gelaat.

Vir die brawe en skeptiese feesgangers was die avosop ‘n eerste maar nie die laaste.

Dit was veral Allesbeste se verpulp van advokado, pynappel, spinasie en kokosneut megelmoes (avocoloado) wat hier spesiale vermelding moet geniet. Alhoewel baie eers huiwerig was om te proe was die reaksie tog, dat dit iets besonders is.

Die meer tradisionele avo geregte soos die oop geroosterde toebroodjies met advokadopeer kombinasies wat gewissel het van spek, pesto, roomkaas, mayonnaise, salmon en peppadew was ook baie gewild.

Die uitstallers se aanbiedinge was van goeie gehalte en Tzaneen kan spog met inwoners wat werklik trots kan wees op hulle stokperdjies wat te koop aangebied was.

“Ons bedank die hele gemeenskap vir hulle ondersteuning. Ons is regtig geseënd. Baie dankie aan ons hoofborg Allesbeste en ons twee sekondêre borge, Afrupro en Novon. Ons sien uit na volgende jaar en maak in die eerste week van Julie weer so,” het Johan Fourie van Dinamus aan Letaba Herald gesê.

Exit mobile version