GalleriesSchools galleries

Gallery: Larrie sterre spog op verhoog met puik talent

Elke jaar is dit ‘n groot geleentheid waar leerders die geleentheid kry om hul talent ten toon te stel.

Dit was weer tyd vir die jaarlikse talentaand by Laerskool Tzaneen op 10 Junie.

Elke jaar is dit ‘n groot geleentheid waar leerders die geleentheid kry om hul talent ten toon te stel.

‘n Verskeidenheid van items word aangebied deur die talentvolle deelnemers.

Riétte Rossouw is al jare betrokke by hierdie aand.

“Die eerste wat ek met ‘n talentaand te doen gekry het was in 2001. In daardie jare het die leiers portefeuljes gehad en het die kultuurleiers ‘n ‘oop’ talentaand gehou waar enige leerder wat gedink het hul kan iets doen, ‘n kans op die verhoog gekry het. Dit was bietjie ongeorganiseerd en nie almal het dit ernstig opgeneem nie. Die aand het drie ure aangehou en daar was geen struktuur nie. Ek kan nie onthou presies wanneer ek gevoel het dit moet meer georden geskied nie maar ek reël dit nou al vir die afgelope 15 jaar. Leerders voltooi ‘n inskrywingsvorm en betaal ‘n klein fooitjie. Hulle berei tuis self voor – geen afrigting vind by die skool plaas nie. Ons probeer om die deelnemers te beperk tot een item om soveel moontlik leerders geleentheid te gee en om ‘n verskeidenheid items te hê sonder om ‘n uitgerekte program aan te bied. Daar word oudisies gehou om leerders leiding en raad te gee en om te verseker hulle is goed voorberei om net hul beste te gee. Daar was ‘n tydperk wat dit slegs elke tweede jaar gehou was maar dan het daardie jaar se graad sewes uitgemis, so dit word nou jaarliks aangebied. Die leerders is altyd baie opgewonde oor die geleentheid en ‘n program van hoë gehalte word aangebied. Dis vir my heerlik om in die leerders se opgewondenheid te deel en hierdie platform vir hul te bied. Kultuur vloei deur my are, mag hierdie geleentheid altyd voortleef,” vertel Rossouw.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button