GALLERY: NG Kerk Letsitele Kaskardag weer eens ‘n dag vol pret

Die Letsitele Kaskardag was weer eens 'n reuse sukses gewees na 'n dag vol pret en gees.

Die dag het afgeskop met die Junior Laerskole wedren wat weer eens net vol pret was vir die kinders.

Na 30 minute se lag en voluit hardloop, het die blou span van Laerskool Tzaneen die trofee geneem as wenners, Rainbow Combined School as naaswenners en Meridian College in die derdeplek.

Laerskool Tzaneen het die Junior Laerskole afdeling vanjaar gewen
Rainbow Combined School het vir hulle pogings met die geesbeker weggestap.

In die Kleuterskole wedren het elke lid van die familie opgedaag om die kleuters aan te moedig deur hulle wedren. Die pappas was selfs moeg na die resies, aangesien hulle bietjie hand gegee het met die stoot van die kaskar. SAVF Tzaneen se blou span het hier as wenners geëindig met Jack & Jill in die tweedeplek, en Larrieland derde.

SAVF Kleuterskool het die kleuterskole wedren oorheers.

In die Senior Laerskole afdeling het slegs een span van die begin tot die einde in die eersteplek gebly, en dit was die rooi span van Rainbow Combined School. Aangemoedig deur hulle juniors se pragtige tweedeplek vroeër in die dag, het hulle nooit opgehou hardloop nie. Laerskool Tzaneen se moeite het hulle ‘n tweedeplek besorg.

Derdeplek was eers in die laaste ronde besluit en het toe aan die blou span van Laerskool Duiwelskloof gegaan. Laerskool Dr Annecke 1 het hulle longe uit geskreeu en gesing om die geesbeker te wen.

In die laaste wedren van die dag, het Rainbow Combined School oorheers en die Senior Laerskole afdeling gewen.
Laerskool Dr Annecke 1 het die geesbeker in die Senior Laerskole wedren huistoe geneem.

Die hoogtepunt van die dag was ontwyfeld die Hoërskole wedren gewees.

Die wedren was deur drie spanne, Ben Vorster, Merensky en Frans du Toit 1, oorheers.

Frans du Toit het bo-aan die ranglys gestaan totdat hulle halfpad deur die wedren met die bande gebots het, en van daar af het hulle eindelose strafrondes veroorsaak. Merensky het die beker huistoe geneem nadat hulle vir Frans du Toit verby gevat het. Frans du Toit het steeds tweede geëindig, en Ben Vorster het deur die hele wedren hulle derdeplek gehou en ook so geëindig. Al het die Fransies net-net uitgemis op die groot trofee, het hulle die geesbeker huistoe geneem.

Hoërskool Merensky het gewyer om te gaan lê en het die Hoërskole wedren gewen.
Hoërskool Frans du Toit was naaswenners in die Hoërskole afdeling gewees en het ook die geesbeker huistoe geneem.

Fotos: Blake Linder

Exit mobile version