So sê Pieter Human, eienaar van KW North, nadat hulle deelgeneem het aan die jaarlikse Keller Williams Reality RED dag.
RED staan in die agenskap se kringe vir Renew, Energize en Donate. Sowat 800 KW kantore wêreldwyd neem deel aan die dag waar hulle in hulle betrokke gemeenskappe terug gee aan die gemeenskap waar dit nodig is.
En net soos wat die eindomsagenstkap omgee vir hulle kliënte, net so opreg voel hulle oor die gemeenskap van Tzaneen.
Personeel van die Tzaneen tak het hulle aandag op 5 Mei gefokus op God’s Haven.
Met ruim borge kon hulle matrasse, nie bederfbare produkte, seep en talle toiletware skenk aan die tehuis. Maar die groot bederf het nie daar opgehou nie.
Die inwoners is lekker bederf, deur ‘n paar lekker loslit oefeninge, en geskenkpakkies. Thelma Labuschagne het met haar pragtige sang die inwoners vermaak.
KW North wil graag die volgende borge bedank wat die dag ‘n groot sukses gemaak het en al die inwoners daar weer bly gemaak het met die skenkings. Lannie Motors, Impack Houers, Quality Plant Hire, Johan Steyn prokureurs, Thomas en Swanepoel, Joubert en May, Ruan Vorster, PPS, Letaba Wireless, Pierre Barnard van Tax Shop, Letsitele Spar, Plumblink, Irene Potgieter, Letaba Security, Midas Tzaneen, De Bruyn Oberholzer prokureurs, Tolstoi Kruger, NTK, KWNorth Properties en Reality1 Tzaneen.
Nog fotos: