Local sportSport

Atch wen kompetisie

DIE Tzaneen Kunsaas Hengelklub se kompetisie 7 van die 2014 – 2015 seisoen is gehengel op 17 Januarie.

DIE Tzaneen Kunsaas Hengelklub se kompetisie 7 van die 2014 – 2015 seisoen is gehengel op 17 Januarie.

Met die lugdruk net reg en die maan op sy plek, was dit ‘n bewolkte dag wat die hengelaars gegroet het.

‘n Uur na wegspring het dit begin reën, wat dit baie moeilik ongemaklik gemaak het, maar hulle het deurgedruk en teen 09:30 het dit opgeklaar.

Die res van die dag was toe baie aangenaam, maar die vis was steeds moeilik.

Baie geluk aan Atch van Schalkwyk wat eersteplek verower het met 5 spesies, nl.: grootbek swartbaar, makriel, rooioog-moddervis, dwerg tiervis en ‘n rooibors kuper. Tweede was Theo van Rensburg met 4 spesies en derde, Phillip Vermeulen ook met 4 spesies.

Met die klubkampioenskap wat nou warm raak, raak die kompetisie al hoe strawwer. Die volgende kompetisie is 21 Februarie by Tzaneendam en hengeltyd is van 05:00 tot 14:00.

Vir meer inligting oor die Tzaneen Kunsaas Hengelklub, skakel Ion van der Wersthuizen by 083 530 2268.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button